VRK: So lyk jou uitslae

Die Bulle het verloor teen Ulster in hulle Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting in Belfast. Die telling in die spannende wedstryd was 32-23. In Wallis het die Scarlets gebou op die momentum wat begin opbou het toe hulle twee maande gelede die Bulle geklop het, deur die Haaie met 32-20 te klop in hulle botsing in Llanelli. Vroeër het drie vinnige drieë binne sewe minute die Leeus ‘n 32-28-oorwinning oor die Italiaanse span Benetton in Treviso besorg. Die Leeus het nou net een punt nodig om onder die top agt spanne in die kompetisie te wees, met nog twee tuiswedstryde oor.