VRK-eindstryd: Taai wedstryd word verwag

Die Stormers se hoofafrigter, John Dobson, sê hulle mikpunt aan die begin van die seisoen was om onder die top agt in die Verenigde Rugbykampioenskap te eindig, en om nou in die eindstryd te speel is spesiaal. Die Stormers het hul plek in môre se eindstryd in Kaapstad verseker toe hulle Ulster verlede naweek 17-15 geklop het, terwyl die Bulle deurgedring het toe hulle die gunsteling in die kompetisie, Leinster, net-net met 27-26 gewen het. Dobson sê hy het groot respek vir die Bulle se afrigter, Jake White, en verwag ‘n taai wedstryd.