Vrees heers dat tweede damwal by Jagersfontein gaan breek

Vrees heers dat ‘n tweede damwal in Jagersfontein in die Vrystaat gaan breek. Die burgemeester van Jagersfontein, Xolani Tseletsele, het verlede jaar in Februarie op sy Facebook-blad geskryf “tien jaar gelede het die mynmaatskappy na Jagersfontein gekom met geen waterplan vir sy bedryf nie, want in sy agterkop het hy tot die gevolgtrekking gekom dat hy die politici vir sy bedryf sal omkoop”. Vanoggend het sy voorspelling dat die myn ‘n tikkende tydbom is, waar geword toe Jagersfontein verswelg is deur slik nadat die myn se damwal meegegee en sowat 100 huise oorstroom het.  Noodreddingswerkers, die gemeenskap en boere is besig om na liggame by ‘n brug by die ingang van die dorp te soek. ‘n Helikopter is tans op die toneel om na ‘n vrou en ‘n kind te soek wat glo in die rivier afgespoel het.