Vragmotors beplan glo om Sondag roetes in KwaZulu-Natal te versper

Die polisie in KwaZulu-Natal beskou die dreigement om hoofroetes in die provinsie tot stilstand te bring in ‘n ernstige lig. Die All-Truck Drivers-forum en Allied SA se sekretaris-generaal, Sifiso Nyathi, het bevestig sommige vragmotorbestuurders beplan om Sondag die roetes te versper. Dit gaan oor die indiensneming van buitelandse vragmotorbestuurders. ‘n Polisiewoordvoerder, Thembeka Mbele, sê hulle sal polisiebeamptes en die nodige hulpbronne ontplooi om die dreigemente te hanteer.