Vragmotorkapers in Suid-Afrika aangekeer

Die nasionale polisiekommissaris in Suid-Afrika, Khehla Sitole, het die deurbraak met vragmotorkapings in die buurland verwelkom ná die inhegtenisname van verskeie verdagtes in Midrand, Gauteng. Die polisie het op die verdagtes toegesak wat na bewering beplan het om ‘n vragmotor tussen Pretoria en Johannesburg te kaap. Toe die polisie die perseel in Presidentspark binnegaan, het aanvallers gewapen met gewere en handwapens op hulle geskiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Vishnu Naidoo, sê nie minder nie as 27 verdagtes is op die perseel aangetref.