Vragmotorbestuurders in SA dreig weer om roetes te sluit

Die All-Truck Drivers-forum dreig om voort te gaan om belangrike ekonomiese roetes regoor die land te ontwrig tot daar aan hulle eise voldoen is. Hulle wil hê plaaslike vragmotorbestuurders moet voorkeur kry by aanstellings. Groot ontwrigting is verlede week op die N3-hoofweg tussen Durban en Johannesburg ondervind toe bestuurders tydens ‘n versetoptrede hulle voertuie agtergelaat het. Hulle optrede is bestempel as ekonomiese sabotasie. Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, en drie kollegas het gister met die vragmotorbedryf vergader en deel die uitkoms daarvan vanmiddag op ‘n nuuskonferensie.