Vragmotor bestuurders sluit grenspos, eis 72-uur toetsuitslag terug

Die Ariamsvlei-grenspos is vanoggend weer oop nadat dit gisternamiddag gesluit was na ‘n staking deur vragmotor bestuurders. Die groep, wat hulself net as vragmotor bestuurders beskryf, maak kapsie teen die nuwe maatreëls wat eis dat hulle Covid-toetse nou net drie-dae oud mag wees in plaas van die sewe-dae wat voorheen toelaatbaar was. Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het dit verlede week by die Covid-perskonferensie aangekondig. Die bestuurders sê die koste van die toets, 750 Namibiese dollar, is te veel en beloop dat 3 000 dollar weekliks vir een bestuurder. Verder, die uitslae neem 24 uur. Hullse sê die afstand van Ariamsvlei tot in Windhoek is groot en neem meer as drie dae. Hulle het owerhede drie dae gegee om gehoor aan hulle eis dat die sewe-dag reël teruggebring word. Plaaslike media het ook vroeër berig dat die drie-dag reël talle kansellasies van Amerikaanse toeriste na Namibië veroorsaak het.