Vraghouers van Ever Given-vragskip uiteindelik in Suffolk afgelaai

Twee-duisend vraghouers aan boord van ‘n vragskip wat in Maart die Suez-kanaal vir byna ‘n week versper het, word eindelik afgelaai nadat dit in Felixstowe in Suffolk in Brittanje vasgemeer het. Die proses sal waarskynlik 24 uur neem en die Ever Given sal waarskynlik vroeg môreoggend weer vertrek. Die houerskip moes al in April in Suffolk aangekom het. Die versperring wat die vaartuig veroorsaak het, het ‘n oponthoud vir honderde skepe veroorsaak. Die meeste van die 18 000 vraghouers is in Rotterdam afgelaai.