Vrae oor groen-waterstof vennote

Hyphen Hydrogen Energy is aangestel om Namibië se groen waterstof-energie te ontwikkel. Die projek, wat 9,4 miljard Amerikaanse dollar, of 144,3 miljard Namibiese dollar werd is, sal in die Suide, by die Tsau //Khaeb nasionale park ontwikkel word. Daar word beraam dat 300 000 ton groen waterstof jaarliks vir plaaslike en internasionale markte geproduseer sal word. Die vatbaarheidstudie moet nog voltooi word en daarna, sal Hyphen die 40-jaar kontrak ontvang. Daar word verwag dat produksie in 2026 sal begin. Ongeveer 15 000 werksgeleenthede sal gedurende die verskillende fases van die projek geskep word met 3 000 wat permanent in die operasionele fase geskep sal word. Hyphen is ‘n Namibiese maatskappy met Nicholas Holdings in Londen en die Duitse Enertrag as sy twee aandeelhouers. Nicholas Holdings, wat geen webtuiste het nie, ontwikkel projekte in Afrika, deur middel van sy filiaal Principle Energy. Beide Principle Energy en een van sy aandeelhouers Concerto Capital is geregistreer in die Isle of Man, ‘n bekende belastingtoevlugsoord, en Concerto vorm deel van die sogenaamde Paradise Papers van die onafhanklike ondersoekende konsortium van joernaliste.