Voortrekker-monument kry 8 beelde van Hennie Potgieter

Die Voortrekker-monument en sy Erfenis-stigting in Suid-Afrika het die eienaars geword van die werke van een van die voorste beeldhouers in die buurland, Hennie Potgieter. ‘n Woordvoerder, Gerhard Pretorius, sê Potgieter se dogter, Karla, het gevra dat minstens agt van sy werke van gips en brons, in die monument se museum gehou word. Dit volg ná die dood van haar suster, Olga. Hennie Potgieter, wat veral bekend is vir sy uitbeeldings van ‘n Brahmankoei en Sarel Cilliers, is dertig jaar gelede oorlede.