Voornemende regter weet ‘niks’ van pornografie-skandaal nie

‘n Vermeende voorval van pornografie wat ‘n klaer gister geopper het, dreig om die kanse van ‘n waarnemende regter te belemmer om as permanente regter in die Oos-Kaapse Hooggeregshof in Mthatha aangestel te word. Lindiwe Rusi het aan die Regterlike Dienskommissie gesê sy weet niks van bewerings dat sy in 2009 by Legal Aid SA weg is nadat sy by ‘n pornografie-skandaal betrek is nie. Volgens media in die buurland sê sy alle werknemers by die instelling het toegang tot verskeie rekenaars en sy het bedank om ‘n ander pos te beklee.