Voormalige hoërhofregter Pio Teek sterf

Hoofregter Peter Shivute het sy medelye uitgespreek oor die voormalige Namibiese hoërhofregter, die 74-jarige Pio Teek, wat in ‘n Windhoekse hospitaal gesterf het. Teek is in 2005 aangekla op verskeie klagte van seksuele wangedrag met minderjarige meisies en is na 5 jaar in Desember 2010 in die hoërhof vrygespreek op alle klagte. Die staat het appél in die hooggeregshof aangeteken en die saak het 8 jaar gesloer tot die hof hom in Desember 2018 weer onskuldig bevind het.