Voorleggings vir vonnisoplegging in Möller-saak

Hoërhofregter Dinnah Usiku sal vandag voorleggings voor vonnisoplegging aanhoor die die saak van die moord op Walvisbaai-sakeman Hans-Jörg Möller. Sy het in Julie Panduleni Gotlieb, David Tashiya, David Shekundja en Elly Hinaivali skuldig bevind op aanklagte van moord, poging tot moord, huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede, sameswering om huisbraak te pleeg en die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder ’n lisensie. Möller op 17 Junie 2016 tydens ’n gewapende roof in sy huis op Walvisbaai geskiet en het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Sy vrou Carol-Ann is ook aangerand en hul kinders was tydens die voorval tuis. Die vyfde beskuldigde wat glo die motor bestuur het wat gebruik is om van die toneel te vlug, Malakia Shiweda, is vrygespreek.