Voorbereidings vir lekker Windhoek-skou in volle swang

Voorbereidings vir die jaarlikse Windhoek-skou is in volle swang. Die stand van sake in verband met Covid vertoon baie beter vanjaar en dit wil voorkom asof die skou weer sy tradisionele baadjie van landbou, pret en talle uitstallings sal aantrek. Harold Schmidt, hoof uitvoerende beampte van die Windhoek Skouvereniging het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.