Voorbereidings vir die hervatting van die parlement vorder goed

Parlement sal uiteindelik sy bedrywighede volgende week hervat. Die sogenaamde sewende sessie sal volgende week op 14 Februarie begin. Daar is baie uitstaande werk vir die huis om aan te spreek en volgens die waarnemende skakelbeampte van die Nasionale Vergadering, Rafael Hangula sal 12 wetsontwerpe ter tafel gelê word. Hy sê voorbereidings vorder goed.