Von Francois-standbeeld môre verwyder, word by museum gebêre

Die Windhoekse munisipaliteit het bekendgemaak Kurt von Francois se standbeeld môreoggend verwyder sal word. Dit kom na die munisipaliteit die verwydering van die standbeeld goedgekeur ná jare van druk en protes deur jeugaktiviste. Von Francois het in 1893 opdrag gegee vir die slagting by Hoornkrans waartydens Nama-vroue en -kinders gesterf het. Kosmos 94.1 nuus het met Lydia Amutenya, die Stad Windhoek-woordvoerder, gesels. Sy sê die standbeeld word verskuif.