Volksmoord: slagoffers moet toelae soos veterane ontvang

Die president van Ecuador, Guillermo Lasso, het ‘n noodtoestand in die land se tronkstelsel afgekondig na bendegeweld die lewe van meer as 100 gevangenes in die stad Guayaquil geëis het. Meer as 50 aangehoudenes is by die Litoral-tronk beseer. Amptenare sê geweervuur, messe en ontploffings was deel van die geweld en is veroorsaak deur ‘n twis tussen die Los Lobos- en Los Choneros-tronkbendes. Dit is die land se dodelikste geval van tronkgeweld tot dusver ná die insident in Februarie toe 79 gevangenes in gelyktydige gevegte dood is.