Volksmoord: ooreenkoms is gebroke, ons is uit, sê Ovaherero

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid sê hy sal nie die gebroke volksmoord ooreenkoms probeer herstel nie. Die owerheid sê die ooreenkoms verteenwoordig nie die hoop en aspirasies van die Ovaherero en Nama-volk nie. Volgens Mitiri Muundjua, een van die owerheid se senior leiers en wat die aankondiging gemaak het, stel hulle nie belang in die parlementêre komitee wat deur die PDM leier McHenry Venaani voorgestel is. Venaani wil hê die volksmoord ooreenkoms wat tans in die parlement is, moet verwys word na so ‘n komitee wat dan aanpassing kan maak. Muundjua sê die Ovaherero wou nog altyd hulself verteenwoordig maar is nie die platform gegun nie. Hy sê die owerheid werk nou saam met Nama-leiers om geregtigheid te kry en beide partye verwerp die huidige ooreenkoms.