Volksmoord: Geingob het geen respek nie
President Hage Geingob se uitlating in Parys verlede week dat apartheid erger was as die volksmoord wat Duitsland teen die Nama- en Ovaherero-etniese groepe gepleeg het, maak nog steeds opslae nadat dit tot betogings in New York terwyl Geingob by die VN-beraad was. Sima Luipert, ‘n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die president se uitlating wys ‘n gebrek aan respek uit.