Nuwe voertuigverkope daal met 22,4% in Julie

 Verkope van nuwe voertuie het in Julie met 22,4 persent gedaal tot 677 eenhede, vergeleke met 872 eenhede wat in die vorige maand verkoop is. Op ‘n jaargrondslag het voertuigverkope in Julie 2022 met 15,3 persent gedaal. Passasiers- en ligte handelsvoertuie was die grootste aandeel eenhede van onderskeidelik van 56,4 persent en 39,3 persent wat in Julie verkoop is. Op ‘n maandelikse basis, het ekstra-swaar en swaar kommersiële voertuie die grootste dalings in verkope aangeteken. Hoofbestuurder van Indongo Toyota Willie Verdoes, gee sy reaksie op die voertuigverkope.