Voertuigskenker help boere in KwaZulu-Natal

‘n Voertuigvervaardiger en motorhandelaar het vir die volgende ses maande ‘n nuwe Navara-bakkie aan die KwaZulu-Natalse Landbou-unie beskikbaar gestel. Dit is in samewerking met die Agri Securitas Trustfonds gedoen. Die vennootskap tussen Nissan SA en die fonds is vanjaar 21 jaar oud. Nissan SA het in hierdie tydperk aansienlike bydraes tot die fonds gelewer om te help met veiligheid op plase. ‘n Woordvoerder van die landbou-unie, Sandy la Marque, sê die vennootskap is baie waardevol