Voertuigpryse sal verder styg

Voertuigpryse sal na verwagting vanjaar verder styg weens geopolitiek en hoë inset- en energiekoste. Volgens Simonis Storm in die hoofstad is die tendens regoor oor die wêreld opgemerk en die swak wisselkoers van die Suid-Afrikaanse rand sal verder bydra tot ‘n verhoging in pryse. Die makelaarsfirma het reeds voorspel dat pryse met tussen 3 en 5 persent per kwartaal sal styg en daar is reeds ‘n opwaartse neiging vir inflasiekoerse vir onderdele en bykomstighede, terwyl pryse vir voertuigdienste en herstelwerk gedemp bly. Stygende rentekoers sal ook verbruikers raak. Die Bank van Namibië sal volgens Simonis Storm volgende week Woensdag ‘n groot verhoging aankondig, nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank ‘n verhoging van 75 basispunte aangekondig het. Voertuigverkope het in Julie met 22,4 persent teenoor Junie se syfers, gedaal.