Voëlkykers kom van heinde en verre na Namibië

Namibië is gewild onder toeriste vir sy asemrowende landskappe en verskeidenheid wildlewe. Die Covid-pandemie het steeds ‘n groot impak op die toerisme-sektor en die bedryf span alle faktore in om toeriste na die land te lok. Hoe groot is voëlkyk as trekpleister vir toeriste? ‘n Wetenskaplike van die omgewingsministerie, Holger Kolberg, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê voëls speel ‘n groot rol in Namibië se toerismebedryf en mense kom van heinde en verre om na Namibiese gevlerktes te kom kyk.