Voëlgriep in die Vrystaat

‘n Voëlgriep-uitbreking is op drie Vrystaatse plase aangemeld. Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het die uitbreking bevestig nadat gevalle in Villiers, Parys en Wesselsbron aangemeld is. Die staatsveearts in Frankfort, Patricia Froneman, waarsku dat die virus maklik deur plaastoerusting en klere oorgedra kan word wat kan veroorsaak dat die virus van plaas tot plaas versprei. Sy sê dit kan ook deur kos of water versprei word: