Voedselstelsels onder die loep

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal António Guterres gaan in September ‘n Voedselstelselberaad aanbied om internasionale bewustheid oor voedselstelsels te skep. Dit is nie net om voedselstelsel om hongersnood te takel nie, maar dieetverwante siektes te verminder. Na verwagting gaan Namibië se klimaat- en droogtetoestande vererger en ‘n impak op die ekonomie en lewensbestaan van mense hê. Op die vraag van wat is die uitdagings vir Namibië om genoeg voedsel te produseer, het Farayi Zimudzi, verteenwoordiger van die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies in Namibië, dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

Zimudzi het gesê tydens die Nasionale Voedselstelsels-dialoog, word streke gemotiveer om voedselbydraes te lewer.