Voedselsekuriteit Alliansie is as GRN-vennoot bekragtig

Die Namibiese minister van inligting, dr. Peya Mushelenga, het bevestig die Voeding- en Voedselsekuriteit Alliansie van Namibië is deur die kabinet as tegniese vennoot bekragtig. Dit volg ná die kabinet die vestiging van die Nasionale Voedsel- en Voedingsraad goedgekeur het met die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila as die voorsitter. Dié raad val onder die mandaat van die landbouministerie wat vir die implementering van die nasionale voedsel- en voedingsekuriteitbeleid verantwoordelik is. Mushelenga gee meer besonderhede.