Voedselpryse: GRN moet BTW ophef op basiese voedsel
Die woordvoerder van die Independent Patriots for Change, Imms Nashinge het op Twitter geskryf dat die regering geen BTW op basiese voedsel-items moet hef nie totdat die ekonomie omstandighede weer normaal is in die land. Hy maak melding van kookolie, koekmeel en mieliemeel as van die items wat belastingvry moet wees. Hy sê Namibiërs kan nie asemhaal met die stygende kospryse nie. Dit is nadat die Namibië Statistieke-agentskap skokkende stygings in voedselpryse van 12,5 persent vir Mei bekend gemaak het. Brood en graan het met 17,7 persent gestyg het, suiker met 10,1 persent, suiwel en eiers is 10 persent duurder met vleis wat gestyg het met 9,6 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Nashinge gesels, wat sê iets moet gedoen word vir Jan Alleman om te oorleef…