Voedselonsekerheid neem toe, en toe

Die Wêreldvoedselprogram sê die aantal mense wat ernstige voedselonsekerheid in die gesig staar, het sedert 2019 byna verdubbel tot 345 miljoen. Dit word toegeskryf aan die Covid-19-pandemie, konflik en klimaatsverandering. Voor die Covid-19-pandemie het 135 miljoen mense in die wêreld akute honger beleef.Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres sê graanverskeping vanuit die Oekraïne behoort verligting te bring maar, vrede is die eerste prys.