Voedselkrisis is Rusland se skuld. Punt.

Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi sê uraanmaatskappye wag vir die kommoditeit se prys om te herstel voordat bedrywighede in die land weer hervat sal word. Namibië is die vasteland se grootste uraanprodusent. Daar word beaam dat soos die wêreld weg beweeg van olie en steenkool vir kragopwekking kan skoner kernkrag meer aanloklik raak, al is dit nie ‘n hernubare bron nie. Shiimi sê dit is ook die rede dat ‘n tweede ontsoutingsaanleg aan die kus ontwikkel word sodat daar genoegsame waterbronne vir mynmaatskappye is wanneer hulle weer operasioneel is. Die kommoditeit het in 2017 ‘n laagtepunt van net minder as 20 Amerikaanse dollar per pond bereik en het stelselmatig herstel en verhandel tans net bo 50 Amerikaanse dollar ‘n pond.