Voedsel-etikette moet reg wees

Die Suid-Afrikaanse departement van landbou wil aandag skenk aan die verwydering van voedsel-etikette wat misleidend of verkeerd is. Die departement het voedsel-inspekteurs opdrag gegee om ingevolge die Wet op Landbouprodukte alle navrae op te volg wat ontvang is rakende misleidende handelsmerke of etikette. Die kennisgewing is aanvanklik in 2020 uitgestuur ná ‘n vergadering met die departement se Direktoraat vir Voedselveiligheid en Gehalteversekering.