Voedsel 28% duurder in Desember as in 2020

Die VN se voedsel- en landbou-agentskap het vanoggend gesê dat terwyl voedselpryse in Desember 2021 effe teruggesak het, is dit steeds 28,1 persent hoër vergeleke met 2020. Dit is ook die hoogste vlak sedert 2011. Die agentskap monitor handel in voedselkommoditeite. In Desember het die pryse van alle kategorieë voedsel teruggesak behalwe suiwel maar, die styging gedurende 2021 was van so mate, veral met olies en vette, en suiker, dat die pryse steeds uiters hoog is. Die agentskap waarsku dat armer gemeenskappe in lande wat soos Namibië staatmaak op invoere, die ergste getref word met die hoë pryse.