Vodacom geloof vir verlaging in dataprys

Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika het die selfoonnetwerk Vodacom se verlaging van die prys van voorafbetaalde databondels van die 1ste van hierdie maand af verwelkom. Vodacom het die prys van sy databondel-pakket vir 30 dae met tot 14 sent verlaag. Die kommissie se Woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê hulle het aanbeveel dat Vodacom en MTN hul pryse vir die 30 dae-pakket van voorafbetaalde databondels verlaag en spesifiek op kleiner bondels fokus. Makunga sê verbruikers het die afgelope jaar meer as drie miljard Namibiese doller daardeur bespaar: