VN vra Taliban om geweld te staak

Die Verenigde Nasies het ‘n beroep op die Taliban gedoen om geweld en willekeurige aanhouding van betogers in Afghanistan te staak. Betogings kom sedert 15 Augustus voor nadat die Taliban-vegters die land se provinsiale hoofstede, wat Kaboel insluit, ingeneem het. Dit was tydens aanvalle wat minder as twee weke geduur het. ‘n Woordvoerder van die VN se hoofkommissaris van Menseregte, Ravina Shamdasani, sê vier mense is die afgelope weke dood weens die Taliban se gewelddadige optrede teen betogers.