VN verwelkom wapenstilstand tussen Ethiopië en Tigray

Die Verenigde Nasies het die wapenstilstand tussen die Ethiopiese regering en die Tigray Volksbevrydingsfront verwelkom nadat hulle ‘n geskiedkundige vredesooreenkoms onderteken het ná twee jaar van konflik. Die twee partye het Woensdag in Pretoria ‘n ooreenkoms bereik ná  tien dae van intense vredesonderhandelings. Die oorlog het die lewens van honderd-duisende Ethiopiërs geëis. Hulle het ooreengekom om vyandighede tussen hulle te staak. ‘n VN-woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê ‘n nuwe era word nou ingelui.