VN: Tigray-bevolking in Ethiopië benodig voedselhulp

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê meer as 90 persent van die Tigray-bevolking in Ethiopië benodig dringend voedselhulp weens die konflik. Die konflik het verlede November ontstaan nadat premier Abiy Ahmed ‘n aanval op magte getrou aan die streek se voormalige regerende party, die Tigray People’s Liberation Front, beveel het, nadat hulle federale weermagbasisse binnedring het. Volgens die Wêreldvoedselprogram se woordvoerder, Tomson Phiri, beplan hulle om in die komende maande 2,1 miljoen mense in nood te bereik.