VN sê daar is menseregte-vergrypings onder Taliban

Die Verenigde Nasies ontvang gedurig bewerings van onwettige sterftes, lukrake inhegtenisnemings en marteling deur die Taliban sedert hulle beheer in Afghanistan oorgeneem het. Dit is volgens ‘n VN-verslag met die titel Human Rights in Afghanistan. Tussen 15 Augustus verlede jaar en Junie vanjaar is 700 burgerlikes dood en meer as 1 400 in konflik beseer. Volgens die verslag word die menseregtesituasie vererger deur die Taliban se maatreëls om debat te onderdruk en Afghane se basiese regte en vryhede te beperk.