VN moet plan maak vir landbou se volhoubaarheid

Die Britse Farm Animal Investment Risk and Return-inisiatief het ‘n beroep op die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie gedoen om met ‘n wêreldplan vorendag te kom om die landboubedryf volhoubaar te maak en kweekhuisgas-vrystellings hok te slaan. Voedselproduksie is vir om en by ‘n derde van die wêreld se gasvrystellings verantwoordelik. Die inisiatief sê navorsing verlede jaar het gewys die meeste van die G20-lande se planne om vrystellings te beperk, het geen teiken gehad om gasvrystellings in die landbou-sektor te verminder nie.