VN: Meer as 8 500 kindersoldate in 2020

Meer as 8 500 kinders is verlede jaar as soldate tydens konflikte wêreldwyd gebruik, sê die Verenigde Nasies. Altesaam 2 674 kinders is doodgemaak en 5 748 is gewond. In 2020 was die meeste kindersoldate in die Demokratiese Republiek van die Kongo, Somalië, Afghanistan, Sirië en Jemen.