VN magtig veiligheidssending na Haïti
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het ‘n buitelandse veiligheidssending na Haïti gemagtig, ‘n jaar nadat die Karibiese land om hulp gevra het om gewelddadige bendes te beveg wat sy hoofstad, Port-au-Prince, grootliks oorrompel. Die raad, met 15 lede, het ‘n resolusie aanvaar, opgestel deur die Verenigde State en Ecuador, wat die sogenaamde multinasionale veiligheidsondersteuning-sending magtig om alle nodige maatreëls te tref, wat volgens Reuters ‘n kode is vir die gebruik van geweld.