VN loof verdrag om oseane te beskerm

Die VN sekretaris-generaal, António Guterres, het VN-lidlande geloof vir die sluiting van ‘n historiese ooreenkoms om die wêreld se oseane te beskerm, ná tien jaar se onderhandelinge. Die Hoë See-verdrag het ten doel om 30 persent van die see teen 2030 in beskermde gebiede geplaas te hê, wat sal help teen die verlies van natuurlewe, en die genetiese hulpbronne van die oop see sal verdeel. Guterres sê die verdrag is deurslaggewend vir die aanspreek van die driedubbele planetêre krisis van klimaatsverandering, verlies aan biodiversiteit en besoedeling.