VN: Klimaatsverandering sal hongersnood in Afrika vererger

‘n Verslag van die Verenigde Nasies sê klimaatsverandering sal die hongersnood in Afrika vererger. COP27-afgevaardigdes debatteer tans in Egipte oor aardverwarming-uitstralings, maar die VN waarsku die klimaatkrisis sal die verwoestende hongersnood in verskeie Afrika-lande aanhoudend vererger as daar nie dringend opgetree word nie. Soedan is een van die lande in Oos-Afrika wat die ergste geraak word en akute voedsel-onsekerheid ondervind. Daar word voorspel dat ongeveer ‘n derde van die bevolking, wat meer as 15 miljoen mense is, in die komende jare hulp sal benodig.