VN het kommer oor Palestynse kinders wat sterf in Gaza

Byna 40 Palestynse kinders is tot dusver vanjaar in die besette gebiede in Gaza gedood. Die Verenigde Nasies se Hoë-Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, sê in talle voorvalle lyk dit asof die Israeliese magte dodelike aanvalsmetodes gebruik op ‘n wyse wat internasionele menseregte verbreek. Net verlede week alleen is 19 kinders in besette Palestynse gebiede gedood. Die VN sê byna twee-derdes van die 360 Palestyne wat in Israeliese aanvalle beseer is, is burgerlikes, insluitend 151 kinders.