VN bespreek veiligheid by Zaporizhzhia

Die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergieagentskap vra dat ‘n veiligheidsone en tussentydse maatreëls onmiddellik ingestel word om ‘n ramp by die Zaporizhzhia-kernkragaanleg in Oekraïne te voorkom. Rusland beset die aanleg sedert sy inval in Oekraïne en dit loop onder herhaalde aanvalle deur. Die agentskap het Europa se grootste kernkragaanleg verlede week besoek. Hy sê die bomaanvalle op die aanleg kan lei tot die onbeperkte vrystelling van radioaktiewe materiaal en Russiese militêre toerusting op die terrein kan sy veiligheid ondermyn.