VN: 15 kinders verdrink in Bangladesj

Die Verenigde Nasies se Internasionale Kindernoodfonds het bevestig 15 kinders het verdrink in kitsvloede in Bangladesj. UNICEF se verteenwoordiger, Sheldon Yett, sê 3,5 miljoen kinders benodig dringend skoon drinkwater namate die risiko van water-oordraagbare siektes toeneem. Yett sê 2 700 gevalle van diarree is aangemeld. Hy sê die omstandighede is haglik aangesien groot gebiede heeltemal onder water is, en daar is ook geen veilige drinkwater en voedselvoorrade beskikbaar nie.