Vlugtelinge: VN het kommer oor Britse planne

Die Verenigde Nasies se hoëkommissariaat vir Vlugtelinge het sy ernstige kommer uitgespreek oor wat hy noem,  Brittanje se voorgestelde onwettige Migrasie-wetsontwerp. Die wetsontwerp sal enigiemand wat die VK deur enige onwettige roete binnekom, verbied om vir asiel te vra. Die maatreël is deel van pogings om die toename in die aantal mense wat die land via die Engelse Kanaal binnekom, te bekamp. Dit het gestyg van 300 in 2018, tot meer as 45 000 verlede jaar. Die VN se Hoë Kommissie sê die wetsontwerp is ‘n duidelike verbreking van die Vlugtelinge Konvensie.