Vlug van 1 000km om aardwolfwelpies te red

Die stigter van die uilrehabilitasie-sentrum in Hartbeespoort in Noordwes, Brendan Murray, sê hulle het ‘n buitengewone noodroep ontvang wat hulle nie kon weier nie omdat dit die redding van twee aardwolfwelpies behels het. Murray sê die vlieënier, Thomas Morrow, het meer as ‘n duisend kilometer gevlieg om die welpies te gaan haal op die plek waar hul ma doodgeskiet is. Die welpies word nou veilig by die Suid-Afrikaanse Natuurlewe-rehabilitasiesentrum in Johannesburg versorg totdat hulle weer in die natuur vrygelaat kan word.