Vleisraad bygevoeg in rooilynsaak

Regter Shafimana Ueitele het toestemming gegee dat die Vleisraad as vyfde respondent by Job Amupanda se rooilynsaak bygevoeg kan word. Die hoof uitvoerende beampte van die raad, Paul Strydom sê sou Amupanda in sy aansoek om die rooilyn te verwyder slaag, die resultate katastrofies sal wees. Strydom sê die Namibiese vleisbedryf dra 7,2 miljard Namibiese dollar jaarliks aan die BBP by, verdien buitelandse valuta en is krities vir werkskepping. Sonder die rooilyn sal Namibië sy uitvoermark verloor. Amupanda het die saak gebring nadat vleis wat hy op Omuthiya gekoop het by Oshivelo gekonfiskeer is. Hy beskryf die rooilyn as drakonies, diskriminerend en ‘n oorblyfsel van die apartheid-era.