Vleis-invoere: Ons blik nie meer vleis nie, en ander word verwerk

Reaksie word ontvang op die Vleisraad se verslag wat sê amper 1 700 ton beesvleis is in die derde kwartaal ingevoer. Die invoere bestaan uit blikkies vlies, wat amper 69 persent van die totaal beslaan, sowel as afval, op 21 persent, en vleispasteie wat 10 persent beslaan. Die raad se statistikus vir handel en bemarking, Francina Angula sê daar is niks om oor te kommer nie. Die afval word plaaslik verwerk en op die oomblik, produseer Namibië glad nie geblikte vleis nie.