VK laat vaar klagte teen Harvey Weinstein
Britse owerhede het besluit om twee aanklagte van onsedelike aanranding teen die onteerde Hollywood-vervaardiger, Harvey Weinstein, te laat vaar aangesien hulle glo daar is nie ʼn redelike kans op sukses nie. Die aanklagte spruit uit beweerde aanvalle op ʼn vrou in Londen in 1996. Die 72-jarge Weinstein is die mede-stigter van Miramax wat lokettreffers soos Pulp Fiction en Shakespeare in Love vervaardig het. Hy is afgedank by Miramax en geskors uit die Academy of Motion Picture Arts and Sciences nadat talle vroue hom in 2017 van seksuele misbruik begin beskuldig het.