VK haal Namibië en ander Suider-Afrikaanse lande môre van sy rooilys af

Die Verenigde Koninkryk het aangekondig dat 11 Suider-Afrikaanse lande, Namibië ingesluit, môre van sy rooilys verwyder sal word nadat die Omikron-variant van Covid-19 in Suid-Afrika ontdek is. Die Verenigde Koninkryk het toe dadelik ‘n reisverbod op Suider-Afrikaanse lande geplaas.